Die Coleske Artists produksie, ‘Die Kontrak’ is eersdaags op die kassie

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv-kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon sal word, skop dié maand op die Afrikaanse leefstylkanaal af.

Die Kontrak begin amptelik op 19 September en die broer-en-suster-duo Bobby en Karlien van Jaarsveld is die aanbieders. Die reeks se agt aspirant-musieksterre wat ná ’n landwye aanlyn veldtog uit bykans 2 000 sangers gekies is, sal deur die mentors Elvis Blue, Tarryn Lamb, Monique Steyn en Dewald Wasserfall gebrei word vir die strawwe uitklopkonserte wat hulle week na week moet aandurf.


Wil jy adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za , en ek sal jou vertel hoe !!


’n Kennerspaneel wat bestaan uit die sangers Theuns Jordaan en Corlea Botha asook Barry Pretorius, die
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!

 
 

Kurt Darren se nuwe album ‘laat die dansvloer brand’

Vyftien jaar nadat Kurt Darren die Afrikaanse musiekmark gestormloop het, wéét die onbetwisbare koning van Afrikaanse dansmusiek steeds hoe om die planke behoorlik te laat wip.

Sy nuwe album, Laat Die Dansvloer Brand, bestaan uit 14 snitte wat daai fyn balans tussen lekker opskop-sokkie en rustig dans presies regkry.

Snitte soos Warrelwind se kind, Jy’s ’n legend, Fluit fluit, Gravitasie manipulasie en die titelsnit is by uitstek gerat vir ’n behoorlike skoffel, met ’n gesonde mengsel van pop, rock, ’n bietjie van ’n techno-ondertoon en ritmes met tonne skop wat dit duidelik maak dat dié album nie vir uitsitters of draadsitters gemaak is nie.
Continue reading…

Enjoyed this post? Share it!