‘N Goue-oue, Jurie Ferreira het ons verlaat, maar sy musiek bly tog treffend

Jurie Ferreira (1921 – 2002) was ’n Afrikaanse sanger. Van sy bekendste treffers is: Die swaeltjie, Die blonde matroos, Tahiti, Boereseun en Erika.

Hy het ook sy verskyning in rolprente soos Kom saam, vanaand, Hier’s ons weer, Alles sal regkom en Altyd in my drome gemaak.

Ferreira is 1921 in Ventersdorp in die Noordwes gebore. In 1936 bring sy pa hom as 15-jarige na Johannesburg vir ’n sangopname. Sy eerste kommersiële plaat, Tier, word 1939 opgeneem. In 1941 sluit hy by die orkes van Arnout Malherbe aan.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!


Hendrik Susan bied hom in 1945 ’n kontrak aan en hulle toer vir sewe jaar saam deur die land. In 1954 begin hy sy eie orkes en in 1965 sluit hy by die leër aan.

Hy is op die ouderdom van 82 in 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane na ’n lang siekbed oorlede. Hy laat sy vrou, Sue, twee seuns en drie stiefseuns agter.

Loer hier onder na twee van sy treffers:- Jurie Ferreira – Daar Doer In Die Bosveld & Jurie Ferreira – Erika.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!



SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in GRATIS!


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.